Ek is nuut hier en is baie onervare. Wil net myself voorstel as EngelHart. Ek is my man se engel en daarom die naam. Ek het 2 seuns, 16 en 18 asook 2 toypoms wat my honde kinders is. Ons woon in Pretoria en is maar ‘n gemiddelde klas familie met al die alledaagse probleme van oorlewing.
Ek wil graag weet wat Technorai is en hoe ‘n mens dit kan gebruik. As enige iemand my kan help sal ek bly wees.
Lekker aand!
Augustus 1, 2007 at 6:14 vm
Daar bestaan nie ‘n ding soos Technorai nie. Jammer.
Augustus 1, 2007 at 3:29 nm
Welkom, welkom
Augustus 1, 2007 at 5:27 nm
Welkom EngelHart! Jy sal nog sien, blogging is ‘n verslawing!
Augustus 1, 2007 at 11:04 nm
Welkom EngelHart!
Augustus 1, 2007 at 11:04 nm
http://technorati.com/
‘n Website waar jy soekwoorde kan insit van onderwerpe wat jou interesseer. Jy teken dan in met ‘n nuusvoer leser op die nuusvoer vir daardie soekterme, en wanneer iemand iets oor daardie onderwerp skryf in ‘n blog, word jou nuusvoer binne ‘n kort tydjie daarmee opgedateer. Dit gee jou kans om nuwe blogs te ondek en aan die debat op daardie blogs deel te neem terwyl dit aan die gang is.
As jy nie ‘n nuusvoer leser het nie, kan jy Google Reader, Newsgator of Bloglines probeer.